Voeg by Job 7

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 17:28:17 +02:00
parent 4b24175df9
commit 1fc5935f82
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 21 additions and 0 deletions

21
18/7 Normal file
View File

@ -0,0 +1,21 @@
Het mens nie ʼn stryd op die aarde nie? Eh is sy dae nie soos die dae van ʼn dagloner nie?
Soos ʼn slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos ʼn dagloner wat wag op sy werkloon,
so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.
As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.
My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.
My dae is vinniger as ʼn wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.
Bedink dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.
Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my - en ek is nie daar nie!
Die wolk verdwyn en gaan heen - so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.
Hy sal nie meer terugaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.
So wil ék dan ook my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil kla in die bitterheid van my siel.
Is ek ʼn see, of ʼn groot seedier, dat U ʼn wag teen my opstel?
As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,
dan virskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte;
sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraampte van my.
Ek verfoei my lewe. Nie veraltyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
Wat is die mens, dat U hom soo hoog stel en dat U op hom ag gee?
En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?
Hoelank sal U nie van my af wegkyk nie, my nielaat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?
As ek gesondig het, watdoen ek Ú aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot ʼn las is?
En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.