Voeg by Exodus 7

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 17:26:14 +02:00
parent d88dc44750
commit 4b24175df9
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 25 additions and 0 deletions

25
2/7 Normal file
View File

@ -0,0 +1,25 @@
En die HERE het Moses geantwoord: Kyk, Ek stel jou as 'n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.
Jý moet spreek alles wat ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.
Maar Ék sal Farao se hard verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig.
Want Farao sal nie na julle luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot stafgerigte uit Egipteland uitlei.
Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel onder hulle uitlei.
Moses en Aäron het toe gedoen soos die HERE hulle beveel het; so het hulle gedoen.
En Moses was tagtig jaar en Aäron drie en tagtig kaar oud toe hulle met Farao gespreek het.
En die HERE het Moses en Aäron aangespreek met die woorde:
As Farao met julle spreek en sê: Doen tog 'n wonderteken- dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en werp dit voor Farao neer; dan sal dit 'n slang word.
Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergewerp en dit het 'n slang geword.
Daarop laat Farao όόk die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:
Elkeen werp sy staf neer en hulle word slange! Maar Aäron se staf het hulle stawe verslind.
Maar Farao se hard was verhard, sodat hy na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
Toe sê die HERE vir Moses: Farao se hart is verhard; hy weir om die volk te laat trek.
Gaan morê vroeg na Farao toe-kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in 'n slang verander het, in jou hand
en sê vir hom: Die HERE die God van die Heëbreers, het na my gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou nie geluister nie.
So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat ek die HERE is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.
En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle stroome, hulle kanale, hulle watergate en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout- en in klipbakke.
Moses en Aäron het toe so gedoen soos die HERE hulle beveel het-hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.
En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland.
Maar die Egiptiese towenaars, het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hard verhard is; en hy het na hulle nie geluiister nie, soos die HERE gespreek het.
En Farao het omgedraai en huistoe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie.
Maar al die Egiptenaaars het rondom die Nyl na water gegrawe, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie.
So het dan sewe dae verby gegaan nadat die HERE die Nyl geslaan het.