Voeg by Job 34:19-37

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-11 16:15:14 +02:00 committed by Gitea
parent 9e299b341a
commit 2eeadc17a2
1 changed files with 19 additions and 0 deletions

19
18/34
View File

@ -16,3 +16,22 @@ dan so alle vlees tesame die asem uitblaas, en die mens sou tot stof terugkeer.
As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.
Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?
Durf iemand vir 'n koning sê: Jou deugniet! vir die edeles: Jou goddelose!
Hoeveel minder vir Hom wat nie partydig is vir vorste en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.
In 'n oomblik sterf hulle, en in die middle van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf - nie deur 'n hand nie. -
Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.
Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waar waar die werkers van ongeregtigheid hulle in kan wegsteek nie.
Want hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.
Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.
So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.
Hy straf hulle as goddelose op die plek waar almal dit sien.
Want dáárom het hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee nie -
om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.
En gee Hý rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? - of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;
sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.
Want sê iemand wel tot Gόd: Ek boet sonder dat ek sleg handel,
wat ek nie sien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, en sal dit nie meer doen nie? -
Moet Hy volgens u welgevalle vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet - spreek dit uit!
Manne van verstand sal vir my se, en 'n wyse man wat my aanhoor:
Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.
Ag, mag Job getoets word tot die end toe weens die antwoorde in die trant van kwaddoeners.
Want hy voeg oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.