Voeg by Exodus 8

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 17:28:08 +02:00
parent c7747a3211
commit 462b1dd665
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 32 additions and 0 deletions

32
2/8 Normal file
View File

@ -0,0 +1,32 @@
Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek dat hulle My kan dien.
En as jy weier om hulle te laat trek, sal ek jou hele grondgebied met paddas teister,
sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.
En die paddas sal teen jou en teen jou volk en al jou dienaars opspring.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Steek jou hand uit oor die stromme en die kanale en die watergate en laat die paddas opkom oor Egipteland.
En Aäron het sy hand oor die waters van Egipteland uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.
Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunsteen paddas laat opkom oor Egipteland.
Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Bid die HERE, dat Hy die paddas van my en van my volkwegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die HERE kan offer.
Maar Moses sê vir Farao: Aan u die eer bo my! Teen water tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas ván u en uit u huis uitgeroei word om net in die Nyl te bly?
En hy antwoord: Teen morê. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord-dat u kan weet dat daar niemand is soos die HERE onse God nie.
En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.
Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; toe het Moses die HERE angeroep vanweë die paddas wat Hy Farao opgelê het.
EN die HERE het gehandel volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die velde.
En hulle het by die hope bymekaar gemaak en die land het gestink.
En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Steek jou uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.
EN hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in ie hele Egipteland.
En die toowenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie.So was dan die muskiete op die mense en op die vee.
Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Maak jou morê vroeg klaar en stel jou voor Farao-kyk, hy sal na die water uitgaan-en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle my kan dien.
Want as jy my volk nie laat trek nie, dan stuur ek teen jou dienaars en jou volk en jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë wees, en selfs die grond waar hulle op staan.
Maar Ek sal op dié dag met die land van Gosen 'n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat ek die HERE is in die land.
En Ek sal 'n verlossing stel tussen my volk en jou volk morê sal hierdie teken plaasvind.
En die HERE het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes.
Toe laat Faroao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen offer aan julle God in die land.
Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te maak nie; Want soos ons aan die HERE onse God offer, is dit 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?
Laat ons drie dagreise in die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons beveel.
Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek dat julle aan julle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my.
En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die HERE bid dat die steekvlieë morê Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie verder bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die HERE te offer nie.
Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.
En die HERE het gehandel volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en van sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.
Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.