Voeg by Exodus 29

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-28 12:19:00 +02:00
parent 1f11488223
commit 53a319ccfb
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8

15
2/29
View File

@ -9,4 +9,17 @@ Ook sy seuns moet jy laat naderkom, en laat hulle die rokke aantrek,
en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.
En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.
En slag die bul; voor die aangesig van die HERE , by die ingang van die tent van samekoms.
Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger stryk aan die horings van die altaar; en al die orige bloed moet jy uitgiet
Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger stryk aan die horings van die altaar; en al die orige bloed moet jy uitgiet aan die onderkant van die altaar.
En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit aan die brand op die altaar.
Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is 'n sondoffer.
Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.
En die ram moet jy in stukke verdeel, en was sy binnegoed en sy pote en sit dit by die orige stuke en by die kop.
Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is 'n brandoffer aan die HERE; 'n lieflike geur, 'n vuuroffer is dit aan die HERE.
Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
jy moet dan die ram slag en van dy bloed neem en dit stryk aan die regter oorlap van Aäron en die regter oorlap van sy seuns; ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regter voet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.
Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die slaf-olie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns; dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns.
En neem van die ram die vet en die vetster, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud-want dit is 'n wydingsram-
en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek, uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.
En sit dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns, en beveeg dit as beveegoffer voor die aangesig van die HERE.
Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.