Voeg by Exodus 14

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 17:36:45 +02:00
parent c7ddeba105
commit 6940d8ab80
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 31 additions and 0 deletions

31
2/14 Normal file
View File

@ -0,0 +1,31 @@
Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Sê vir die kinders van Israel dat hulle moet omdraai en laer opslaan voor Pi-Hágirot, tussen Migrot en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see.
Dan sal Farao van die kinders van Israel sê: Hulle is verdwaal in die land, die woestyn het hulle as gevangene ingesluit.
En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle sal agtervolg; en Ek wil aan Farao en sy hele leërmag My verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is. En hulle het so gedoen.
Toe die koning van Egipte berig kry dat hulle gevlug, verander die hart van Farao en van sy dienaars teen di evolk, en hulle sê: Wat het ons nou gedoen dat ons Israel laat trek het, sodat hulle ons nie meer dien nie.
Daarop het hy sy strydwa laat inspanen sy manskappe saam met hom geneem.
En hy het ses hondered uitgesoekte strydwaens geneemen al die ander strydwaens van Egipte geneem en al die beste vegsmanne op elkeen van hulle.
En die HERE het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodat hy die kinders van Israel agtervolg het. Maar die kinders van Israel het deur 'n hoë hand uitgetrek.
En die Egiptenaars het hulle agtervolg-al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag-en hulle ingehaal terwyl hulle in die laer gestaan het dy die see by Pi-Hágirot, voor Baäl-Sefon.
Toe Farao naby kom, slaan die kinders van Israel hulle oë op, en kyk, daar trek die Egiptenaars agter hulle aan; en hulel het baie bang geword. Daarop het die kinders van Israel tot die HERE geroep.
En hulle het vir Moses gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons in Egipte uitgelei het?
Is dít nie wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe.
Maar Moses het vir die volk gesê: Moet nie bevrees wees, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE. Want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.
Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
Toe vra die HERE vir Moses: Wat roep jy na my? Sê vir die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.
en jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor di esee en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwaarsdeur op droë grond kan trek.
En Ek, kyk, Ek sal die hart van die Egiptenaars verhard, sodat hulle agter hulle sal aan gaan. En Ek wil My verheerlik aan Farao en sy hele leërmag, aan sy strdwaens en sy ruiters.
En die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is as Ek My verheerlik aan Farao, sy strydwaens en sy ruiters.
En die Engel van God wat voor die leër van Israel uitgetrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan;
So het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel ingekom. En die wolk was daar met die duisternis, en-dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.
Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur 'n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof.
En die kinders van Israel het dwaarsdeur getrek op droë grond. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant.
Toe het die Egiptenaars hulle gejag en agter hulle aangetrek-al Farao se perde, sy strdwaens en sy ruiters-die see in.
En in die môrewag het die HERE in die vuur- en wolkkolm op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring.
En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars.
Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strdwaens en hulle ruiters.
En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en di esee het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort.
En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.
Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant.
So het die HERE dan Israel díe daguit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan sie kant van die see.
Ook het het Israel die magtige daad gesien wat die HERE an die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo in di eHER en aan Moses, sy kneg.