Voeg by Exodus 1

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 17:00:43 +02:00
parent 5a7a12896d
commit 6d5578b4ab
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 22 additions and 0 deletions

22
2/1 Normal file
View File

@ -0,0 +1,22 @@
En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:
Ruben, Símeon, Levi en Juda;
Issakar, Sébulon, en Benjamin;
Dan en Náftali, Gad en Aser.
En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was seventig siele. Maar Josef was in Egipte.
En Josef het gesterwe en al sy broers en daardie hele geslag.
Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitegewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.
Toe staan daar 'n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie.
Dié het vir sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.
Kom, laat ons 'n slim plan teen hulle maak, sodat hulle nie kan vermeerder; en as daar oorlog voorkom, hulle nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.
Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk.En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer hulle vermenigvuldig en uitbrei sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.
Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien
en hulle lewe bitter gemaak deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerande werk in die landerye-al die werk wat hulle met hardheid laat verrig het.
En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue-die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua-gespreek
en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, dan moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak him dood; maar as dit 'n dogter is, laat haar lewe.
Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte vir hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.
Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntijies laat lewe?
En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk-voordat die vroedvroue by hulle kom, het hulle al gebaar.
Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.
En omdat die vroedvroue God gevrees het, het hy aan hulle huisgesinne geskenk.
Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die suens wat gebore word moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.