Voeg by Exodus 29:26-46

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-28 12:57:47 +02:00
parent 53a319ccfb
commit a5ef42fee2
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 22 additions and 1 deletions

23
2/29
View File

@ -21,5 +21,26 @@ jy moet dan die ram slag en van dy bloed neem en dit stryk aan die regter oorlap
Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die slaf-olie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns; dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns.
En neem van die ram die vet en die vetster, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud-want dit is 'n wydingsram-
en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek, uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.
En sit dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns, en beveeg dit as beveegoffer voor die aangesig van die HERE.
En sit dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.
Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees.
En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die bout hefoffer wat beweeg en gehef is van die wydingsram van Aäron en sy seuns.
En dit moet vir Aäron en vir sy seuns wees 'n vir altyd bestemde deel van die kant van die kinders van Israel, want dit is 'n hefoffer; en dit sal 'n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers-hulle hefoffer aan die HERE.
En die heilige klere van Aäron moet sy seuns ná hom kry om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.
Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank antrek.
En jy meot die wydingsram neem en sy vleis in 'n heilige plek kook.
Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.
Hulle moet die dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie; want dit is heilig.
En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; die mag nie geëet word nie, want dit is heilig.
So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen ent soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.
Jy moet ook dagliks 'n sondofferbul klaarmaak en die altaar ontsondig deur daaop versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.
Sewe dae lank moet jy versoening doen oor die altaar en dit heilig. so sal dan die altaar hoogheilig word: alles wat aan dit raak, word heilig.
En dit is wat jy op die altaar moet klaarmaak: twee jaaroud-lammers gereeld elke dag.
Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,
met 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart him uitgestampte olie, en as 'n dankoffer 'n kwart him wyn vir die een lam.
En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet daarvoor klaarmaak vlogens die môrespysoffer en volgens die dankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
Dit moet 'n voortdurende brandoffer in julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar EK met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.
En daar sal EK met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.
So sal Ek dan die tent van saamekoms en die altaar heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir my die priesteramp te bedien.
En Ek sal onder die onder die kinders van Israel woon en vir hulle'n God wees;
en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is hulle uit Egipteland uitgelei het om onder hulle te woon. Ek is die Here hulle God.