Voeg by Exodus 40:1-16

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-11-09 15:57:05 +02:00
parent 5f2b5c3af5
commit ff27f6578a
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 16 additions and 0 deletions

16
2/40 Normal file
View File

@ -0,0 +1,16 @@
Verder het die HERE met Moses gesê:
Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand moet jy die tabernakel van die tent van samekoms oprig.
En jy moet daarin die ark van die Getuienis sit en die ark met die voorhangsel bedek.
Dan moet jy die tafel inbring en daarop sit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.
En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark vna die Getuienis neersit. Dan moet jy die beddeking van die ingang van die tabernakel ophang.
Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van die samekoms neersit.
En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar sit en water daarin gooi.
En maak die voorhof rondom, en hang die beddeking aan die poort van die voorhof op.
Dan moet jy die salf-olie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en die heilig met alles wat daarin is; en dit sal heilig wees.
Jy meot ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy meot die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.
Salf dan die waskon en sy voetstuk, en heilig dit.
Jy moet ook Aäron en sy seuns laat naderkom, na die ingang vna die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.
Trek dan Aäron die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir my die priesteramp kan bedien.
Jy moet ook sy seuns laat naderkom en hulle die rokke aantrek.
Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf hetm dat hulle vir my die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 'n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.
En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel eht; so het hy gedoen.