Voeg by Psalms 49:1-7

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2023-04-22 21:31:28 +02:00 committed by Llewellyn
parent 04ae0e477c
commit 3c0bb4f0c8
1 changed files with 7 additions and 0 deletions

7
19/49 Normal file
View File

@ -0,0 +1,7 @@
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ʼn Psalm.
Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstant.
Ek sal my oor neig tot ʼn spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring -
die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?