Voeg by Psalms 25:1-22
This commit is contained in:
parent
a6f4c33870
commit
4a9f534ef6
22
19/25
Normal file
22
19/25
Normal file
@ -0,0 +1,22 @@
|
||||
ʼn Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op.
|
||||
Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyhande oor my nie juig nie.
|
||||
Gimel. Ja, almal wat U verwag sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat trouloos handel sonder oorsaak.
|
||||
Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
|
||||
He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
|
||||
Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.
|
||||
Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
|
||||
Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
|
||||
Jod. Hy sal die sagmoediges lei in die reg en die sagmoediges sy weg leer.
|
||||
Kaf. Al die paaie van die HERE is geodertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
|
||||
Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.
|
||||
Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.
|
||||
Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.
|
||||
Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
|
||||
Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hý sal my voete uit die net uitlei.
|
||||
Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.
|
||||
Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.
|
||||
Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.
|
||||
Resj. Aanskou my vyhande, want hulle is talryk; en hulle haat my met ʼn gewelddadige haat.
|
||||
Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
|
||||
Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.
|
||||
o God, verlos Israel uit al sy benoudhede.
|
Loading…
x
Reference in New Issue
Block a user