Voeg by Psalms 24:1-10

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-09-05 13:05:53 +02:00
parent 7bfbb9dcce
commit a6f4c33870
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 13A7F6AB592EC5DA
1 changed files with 10 additions and 0 deletions

10
19/24 Normal file
View File

@ -0,0 +1,10 @@
ʼn Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
Wie sal klim op die berg van die HERE? En wie sal staan in sy heilige plek?
Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.
Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek - dit is Jakob. Sela.
Hef op julle hoofde, o poorte, ja verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
Wie is dan die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.
Hef op julle hoofde, o poorte, ja hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare - Hy is die Erekoning! Sela.