Voeg by Psalms 39:1-14

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2023-03-13 15:45:55 +02:00 committed by Gitea
parent af37653f54
commit 4f14fb3ea1
1 changed files with 14 additions and 0 deletions

14
19/39 Normal file
View File

@ -0,0 +1,14 @@
Vir die musiekleier; vir Jedútun. ʼn Psalm van Dawid.
Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.
Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.
My hart het warm geword in my binneste; ʼn vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:
HERE, maak my bekend my einde en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.
Kyk, U het my dae ʼn paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.
Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja hulle woel verniet; hulle stawel op en weet nie wie dit sal insamel nie.
En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.
Red my van al my oortredinge; maak my nie ʼn smaad van die dwaas nie.
Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want Ú het dit gedoen.
Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.
Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos ʼn mot; ja elke mens is nietigheid! Sela.
Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is ʼn vreemdeling by U, ʼn bywoner soos al my vaders.
Wend u oog van my af, dat ek kan vrolik word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie.