Voeg by 3 Johannes 1

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 18:19:44 +02:00
parent 2a3c5622e3
commit 507cd38c9f
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8

15
64/1 Normal file
View File

@ -0,0 +1,15 @@
Die ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in die waarheid liefhet.
Geliefde ek wens dat dit met jou in alles mag goed gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;
want ek was baie as broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.
Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy die vir die broeders, en dit vir vreemdelinge
wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Help hulle asseblief verder op 'n voor God waardige wyse.
Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die heidene te neem.
Ons behoort dan sulke mens goed te ontvang, sodat ons meedearbeiders van die waarheid kan word.
Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diόtrefes wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.
Daarom, as ek kom sal ek hom herinner aan die slegte werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nir tevreede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasfry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.
Geliefde, volg nie ná wat kwaad isnie, maar wat goed is, hy wat goed doen is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.
Aan Demétrius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.
Ek het baie dinge gehadom te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skrywe nie.
Maar ek hoop om jou gou te sien, en ons sal van mond tot mond spreek.
Vrede vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende by die naam.