Voeg by Psalms 49:8-21

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2023-04-26 15:27:31 +02:00 committed by Llewellyn
parent 3c0bb4f0c8
commit cc0b3ac08f
1 changed files with 14 additions and 0 deletions

14
19/49
View File

@ -5,3 +5,17 @@ My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstant
Ek sal my oor neig tot ʼn spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring -
die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
Niemand kan ooit ʼn broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
(want die losprys van hulle siel is te kosbaar en vir ewig ontoereikend!),
dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
Want hy sien: Wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van gesalg tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
Maar die mens wat in aansien is, het geen bestand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou en van hulle volgelinge wat in hulle woorde ʼn behae het. Sela.
Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
Wees nie bevrees as ʼn man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
Al ag hy homself gelukkig in sy lewe - en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen -
tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig sien nie.
Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.